Articles

Druk meer uit voer met deurpersing

Goeie nuus vir boere is dat Valtrac, die verskaffer wat die boer verstaan, nou vir die boer die geleentheid bied om self sy sojabone (of ander bone of graan) deur te pers sodat dit geskik vir veevoeding is.

Plant met Semeato en oes wins

Die verskil tussen sukses en mislukking van gewasse begin met die plantproses. Insetkoste is hoog, daarom plant die wyse boer so dat hy die maksimum sukses behaal.

Suksesvolle boeredag by Lichtenburg

MPO Noordwes en Addcon het ʼn suksesvolle boeredag met die tema Praktiese kuilvoer op mnr Sakkie Roode se plaas Doornhoek in die Lichtenburg-omgewing aangebied.

Pierobon plant enige iets in enige grond

Daar is heelwat geenbewerkingsplanters op die mark, daar is ’n groot verskeidenheid koringplanters en daar is planters wat in turfgrond kan plant, maar om dit alles in een kombinasie te kry, was die groot uitdaging vir die boere van Settlers in Limpopo.

 Boere juig: die bobaasbaler is hier! 

’n Mens kan sommer sien die Noguiera Express is ’n gedugte baler in sy eie klas. Kyk net daardie netjiese, stewige, kompakte baal, kyk net hoe skoon tel hy op en kyk hoe trots en ontspanne lyk die operateur.

Troef hoë insetkoste: Valtrac ontsluit ’n kosbare voerbron

Die beste nuus is dat Valtrac, die boer se toptegnologiemaatskappy, kuilvoermaak nou nog makliker en bekostigbaarder maak met die beste kuilvoertoerusting wat die wêreld kan bied.

Valtrac se FH maak optel ligte werk

Die FH is ’n werktuig in sy eie klas wat die boer se taak immer makliker maak. Wat boere veral opgewonde maak, is sy mededingende prys en die feit dat hy in Suid-Afrika verskaf en gerugsteun word deur Valtrac – die landboumaatskappy wat bekend is vir sy skitterende produkte en legendariese diens aan die boer.

Hy’s hier en lus vir werk! Toptrekkertegnologie spesiaal vir SA se boere

S staan vir sukses en dit is presies wat Valtra se nuwe S-reeks-trekkers vir die boer belowe. S staan ook vir sterk, stewig en sinvol.

Geenbewerking groei geil met die Semeato fyn saad planter

Meer akkuraat, meer betroubaar en meer produktief – dit is die vereistes wat die ontwerpers van Valtrac se nuwe Semeato SSM-geenbewerking-fynsaadplanter gestel – en bereik – het.

Voermaak vir die winter: Rek die reëntyd regoor die jaar

Valtrac bied alles wat die boer vir voermaak nodig het – van grondvoorbereidings-toerusting en planters tot die ruim maar ratse Faresin Leader-selfloopvoermenger met sy kuilvoeruithaalslurp.